
Pastoraat
Doel met die Pastorale Bediening
Die Pastorale Bediening het ten doel om Raslouw se lidmate op ‘n christelik-narratiewe pastorale wyse in hulle geestelike-, emosionele- en materiële nood by te staan. Die Pastorale Bediening koördineer en hanteer die pastorale versorging van lidmate deur siekebesoeke, tuisbesoeke en terapeutiese afsprake.
Die werksaamhede van die bediening
Algemene pastorale sake: Kontak een van die leraars of Tienie van den Berg (Koördineerder).
Gespesialiseerde pastorale en traumaberading (langtermyn), kontak ds Francois Esterhuizen.
Psigiatriese besoeke en versorging van die pasiënte van Saal 62 by Weskoppies. Die Vriende van Weskoppies is behulpsaam met fondsinsamelings. Kontak Marlie de Kock.
Irene Homes: Besoeke aan en geestelike versorging van die inwoners van Irene Homes. Verder is die bediening behulpsaam met fondsinsamelingsprojekte, markte en uitstappies. Kontakpersoon is Marina Lubbe.
Die pastorale versorging van die bejaardes van Huis Nuwe Lewe en Eldoraigne Landgoed. Kontak ds Sonet Dippenaar, ds Francois Esterhuizen en Tienie van den Berg.
Die palliatiewe versorging (sterwensbegeleiding) word behartig deur ds Francois Esterhuizen en Tienie van den Berg.
Opleiding en toerusting van die beradingspan word deur ds Francois Esterhuizen hanteer. Kontakpersoon Marie Krige.
Huweliksbegeleiding, huweliksherstel en gesinsterapie. Kontak enige van die leraars.
Hopitaal- en tuisbesoeke. Kontak Lorriane Victor of ds Francois Esterhuizen.
Die Pastorale Bediening het noue skakeling met die CMR (Christelike Maatskaplike Raad) en die CRB (Centurion Raad van Bejaardes). Die CMR hanteer sake van kinderbeveiliging, kinderverwaarlosing, gesinsherstel en voogdyskappe. Die CRB hanteer bejaardesake soos bv. die maatskaplike sake (SASSA), bejaardeplasings en tuisversorging. Kontakpersoon dr Elma Kruger.
Kontakbesonderhede van lede
Koördineerder
Voogleraar
Beradingspan Sameroeper
Vriende van Weskoppies
Irene Homes Sameroeper
Hospitaalbediening
Eldoraigne Aftreelandgoed
CMR
CRB
Tienie van den Berg
Ds Francois Esterhuizen
Marie Krige
Marlie de Kock
Marina Lubbe
Lorraine Victor
Ds Soner Dippenaar
Daleen Esterhuysen
Dr Elma Kruger
083 878 1792
082 876 9674
072 629 8448
082 422 1740
082 388 0016
072 112 3370
082 710 1586
012 654-6026
012 664-5755